View All Articles
 
  Komnick op 85 immer meesterlike fotograaf  
 
Author: Amanda Botha
Publication: Beeld
Publication Date: 27 August 2014

Hierdie ikoniese foto van Günther Komnick is van die 15-jarige Robert Sithole (1945-2006), 'n penniefluitjiespeler


Dié foto het Komnickin die jare sestig geneem. Dit staan bekend as "Twee vroue van die Oos-Kaap"

Sonder sy kamera is hy "stom". Sy foto's is sy woordeskat: daarmee registreer hy sy emoties. Hy is ingesteld op die vlietende oomblik. Die vasvang daarvan verteenwoordig die ervaringe van sy lewe.

Dit is hoe Komnick, meesterfotograaf wat pas sy 85ste verjaardag gevier het, oor sy levenswerk praat. Die duizenden foto's wat hy al geneem het, is elkeen, outobiografies. Dit vertegenwoordig sy siening en sy emosies.

Dit is vir hom vanzelfsprekend dat sy kamera altijd deel sla blij van sy montering.

Komnick is 'n besonder begaafde kunstenaar. hy het hom op vele gebiede onderskei. As fotograaf en grafiesie kunstenaar het hy 'n merkwaardige bydrae gelewer.  Sy werk word internasionaal hoog aangeslaan. Hy woon heeltyds in Suid-Afrika maar bied gereeld uitstallings in Europa aan.

Hy is ook verkies tot lewenslid van die Royal Photographic Society.

Sy loopbaan word gekenmerk deur die skep van verskeie bekroonde advertensies, hoogaangeskrewe en bekroonde kinderboekillustrasies.

Die gesogte C.P. Hoogenhoutmedaljie is twee keur aan hom toegeken vir sy illustrasies vir boeke van Freda Linde.

Die laaste paar jaar het twee indrukwekkende kunsfotoboeke verskyn. Sy eerste fotoboek, Impressions, waarin hy sy reisdrukke vasvang, het in 2009 verskyn.

As fotograaf voel hy hom besonder aangetrokke tot die lewe en omstandighede van die mense van die Kaap. Sy eerste indrukke van Distrik Ses en die Bo-Kaap is opgeneem in Cape Town: Memories of the 60s, wat verlede jaar verskyn het. Komnick se kameralens was ingestel om die gewone ervaring van menswees te kan vasvang.

Een van sy mees ikoniese foto's is dié van Robert Sithole (1945-2006), die penniefluitjie speler wat later heelwat bekendheit geniet het. Komnick se studie van hom as 15-jarige  vang die gevoelvollige uitdrukking vas wat die verwagting buite die uitsigloosheid van sy tyd roerend weerspieël. Die mond, die fluitjie en die hande van hiedie studie beklemtoon opnuut die atmosferiese kwaliteite  van die wit an swart medium en getuig van die tegniese  vaardigheid van die fotograaf om die besondere ligefekte te bewerkstellig.

Hierdie foto het Tretchikoff se aandag op Sithole gevestig en die musikant was later die model vir die skilder se beroemde The Penny Whistler.

Komnick lewer veral as dokumenteerder van sy tyd 'n waardervolle bydrae. Sy fotografie kan gesien word as aansluitende by die styl van beroemde fotograwe soos Henri Cartier Bresson en Yousuf Karsh. Komnick is in 1929 in Oos Pruise (deesdae Rusland) gebore. Hy was 15 toe hy saam met sy ma en jonger suster tydens die Tweede Wereldoorlog in 'n Russiese strafkamp beland het waar hulle drie jaar aangehou is, dat hy sy oorlewensinstink ontwikkelhet en sy vasberadenheid verskerp is om aandanks alles 'n sinvolle lewe te kan leef.

Hy het hom as lithograaf en grafiese kunstenaar bekwaam en 'n anntal jare in Switserland gewerk voordat hy hom in 1956 in Kaapstad gevestig het.

Sy glansryke loopbaan is nog nie verby nie. Inteendeel die meester het streeds sy kamera om die nek en bly paraat, want die volgende vlietende oomblik wat hy vaslë, is dalk sy grootste.