View All Articles
 
  Günther Komnick reis met kunstige oog  
 
Author: Eben human
Publication: Die Burger/Reis
Publication Date: 31 October 2009

'n Pottebakker by sy winkel in Luxor

'n Toneel naby die Dakhla-oase in die westelike woestyn van Egipte

'n Man by die Baharia-oase op pad na sy landerye
Fotos: Günther Komnick

Stuur tien toeriste elk met 'n Kamera na Egipte en hulle sal met uiteenlopende foto's terugkeer. As een van hulle egter Günther Komnick is, kan jy 'n paar uitsonderlike foto's verwag, skryf Eben Human.

Dikwels bied ons lesers artikels vir publikasie aan nadat hulle van 'n vakansie terugkeer.

Daar kon wonderlijke geleenthede geween het op 'n reis na nog 'n eksotiese bestemming, maar o wee, dikwels is die foto's baie teleurstellend.

Dit kos 'n bietjie tijd en konsentrasie om goeie foto's te kan neem. Maar miskien voel baie ook dat hulle nie in hul vakansie iets wil doen wat soos werk voel nie.

Die 80-jarige Günther Komnick van Pinelands het veral die afgeloper 50 jaar baie geleentheid gehad om te reis en foto's te neem. Hy kan terugkyk op 'n volle lewe en het besluit om dit te vier met 'n bielie van 'n boek, wat hy Impressions noem.

Blaai 'n mens deur hierdie boek van 468 bladsye kan jy baie inspirasie put vir jou volgende vakansie met 'n kamera in die hand.

Komnick het in die ou Oos-Duitsland groot geword en met die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog moes hy en sy familie alles los en vlug. Hulle is in 'n Russiese kamp opgesluit waar daar drie jaar se kwaaie ontbering op hullen gewag het.

"Jou waardes verander heeltemal ná so 'n ervaring," vertel Komnick. Hy se hy het baie jare nagmerries gehad oor die mishandeling wat hulle moes verduur, maar ná die oorlog was daar meer beter dae vir hom.

Komnick is aanvankelik in Switserland in die drukkersbedryf opgelei voordat hy in Kaapstad beland het.

Hy het sy kuns begin uitleef met sketse van sy konsentrasiekampdae en het ook illustraies vir kinderboeke gedoen.

Die fotografie is verder ontwikkel en hy het hom in die advertensiebedryf begeef. Vir die ou Namibië, toe bekend as Suidwes, het hy baie werk gedoen vir die toerismebedryf.

"Hulle het my 'n slag genader om binne ses weke foto's te neem vir 'n nuwe boek. Al die vervoer is verskaf," vertel Komnick.

Daar het ook vir hom nuwe reize gewag toe sy pad met dié van 'n jong rugsak-reisiger gekruis het. Lila het sielsgenoot en medereisiger geword.

Komnick het voorheen puik werk in zwart en wit gedoen. Hy het 'n waardevolle versameling foto's van die ou Distrik Ses in die Moederstad.

Lila het hom aangespoor om meer na die Midde-Ooste en plekke soos Zanzibar te reis, waar sy fotografie nuwe hoogtepunte bereik het.

Dit is veral baie opvallend hoe Komnick mense intieme oomblikke met sy fotografie kan vasvang. Jy kan die atmosfeer aanvoel op baie van sy foto's.

Oor die kunstigheid van foto's het Komnick gese: "Jy moet maar 'n aanvoeling hiervoor he. Dit is nie iets wat jy iemand kan aanleer nie."

Daar is dikwels fotografe wat tegneis perfecte foto's kan neem. Dit is egter wanneer iemand soos Komnick na die doen en late van mense in hul alledag se lewe kyk wat jy regtig interessante foto's begin sien.

Onder Komnick se versameling is baie foto's van die inheemse stamme van Namibië. Ook in die Transkei het hy baie mense in traditionele bedrag afgeneem.

Self hou ek van sy foto's van die Midde-Ooste - in Jordanië, Sirië en vooral Egipte. Een hiervan is vir die voorblad gebruik en is 'n goeie voorbeeld van wat enige leser ook kan afneem op 'n oorsese reis.

Maar hoe benader Komnick sulke mense wat hy oënskynlik nie pla met sy kamera nie.

"Die foot's word dikwels veining geskiet.
"Die mense is baie keer nie eens bewus dat hulle afgeneem is nie," verduidelik hy.

Laat Komnick se foto's vir jou as inspiratie dien om nog mooier foto's te neem op jou volgende reis.